Getuigskrifte


Paul (Pietersburg)

Ek het Mr Parking se parkeerdienste onlangs gebruik toe ek af Kaap toe gegaan het.

Ek het my bespreking aanlyn gedoen. Hulle het vir my by die lughawe gewag. Toe ek terugkom was ek verbaas om my motor in so ‘n skoon toestand te kry. Ek hoef ook nie eens vir my voertuig te gaan soek nie.

Darem gerieflik.

 

Andre (Sandton)

Ek het my motor in Mr Parking se hande gelos toe ek New York toe is. Drie weke later het ek my motor op tyd en sprankel skoon in ontvangs geneem. Dit teen amper 70% goedkoper as die Lughawetarief.

Ek het voorheen ‘n motor by die lughawe deur diefstal verloor. Meeste mense besef nie dat as jou motor alleen gelos word sonder direkte toesig die korttermynversekering nie sal uitbetaal nie.

 


Sanet (Oosrand)

Ek is ‘n ouditeur en vlieg gereeld. Ek het my motor ‘n tyd gelede by die lughawe geparkeer toe ek terugkeer was hy gestamp. As jy by Mr Parking parkeer weet jy dat hulle alles in hulle vermoë doen om jou motor veilig en skoon en op tyd aan jou terug te besorg.

 


Dr Van Der Merwe (Pretoria)

Ek het twee praktyke een in Pretoria en een in Kaapstad. Ek het eenvoudig nie die tyd om 3 na 4 ure by my prakty aft e knyp en alleen te laat sodat ek genoeg tyd het om te gaan soek vir parkeering nie. Mr Parking spaar waardevolle tyd, is skoon en veilig.

 


G L Geeringe(Ouditeur)

Ons het onlangs ons poel motors aan Mr Parking toevertrou. In my besigheid is voorkoms baie belangrik. Nou kan ons, ons eie vloot motors doeltreffend aanwend en dan ook baie ekonomies ook. Hulle is net een oproep ver.

 


Roger S (Besigheidseienaar), Johannesburg

Ek is van London afkomstig.Ek was verbaas om Mr Parking se“Valet Parking” in sonnige Suid Afrika raak te loop.Hulle diens is op Internasionale standaard .

Well Done!!!

 


Riana (Operasangeres)

Ek reis baie binnelands om op te tree. Vandat ek by Mr Parking parkeer hoef ek nou nie meer my personeel of familie te pla om my lughawe toe te vat nie.

Ek skakel eenvoudig Mr Parking. Hulle neem my motor by die O R Tambo Int lughawe in ontvangs en as ek terug kom kan ek weet ek kry ‘n skoon motor. Hulle sal selfs jou motor inneem om gediens te word.

Ek spaar baie tyd en moeite en het eenvoudig gemoedsrus. Baie Dankie Mr Parking!!!

 


Craig (Direkteur van S A Blou Bloed Maatskappy)

Ek hoef nou nie meer my Maseratti by die huis te los nie. Ek spring in my motor skakel Mr Parking en hulle reël alles. Ons het ‘n parkeerkontrak met Mr Parking so ek hoef nie eers by ontvangs van my motor te betaal nie. Hulle faktureer my  maatskappy.

 


Lee X (Chinese Entrepreneur)

Ek is onlangs deur ‘n groep skurke gekonfronteer. Hulle het my motor by die O R Tambo lughawe gevat en ek is vir dood langs die pad gelaat.

Gelukkig het my opsporings maatskappy my en my voertuig opgespoor.

Toe hulle my voertuig deurgaan het hulle ‘n ander opsporingsapparaat gekry wat deur die skurke op my motor geplant is om my bewegings dop te hou.

Mr Parking is deur my opsporingsmaatskappy aanbeveel en nou sal ek nooit weer by die O R Tambo lughawe fisies parkeer nie.Ek weet nou ek is veilig.